Sunday, 18 May 2014

Introduksie

Ek as 'n jong seun

Voor my 10 dae "Engelse vas" begin wil ek net 'n opsomming gee in terme van waaroor dit gaan en wat om te verwag binne die volgende paar dae.

As 'n universiteits taak is ek veronderstel om vir die volgende tien dae ligaamlik myself in 'n ongemaklike situasie te plaas en 'n aktiewe intervensie ytvoer wat myself buite my gemaksone plaas.

As jy saam met my studeer kan jy heel moontlik nie eers hierdie blog verstaan nie aangesien my kampus 95% uit engelse mense bestaan. Ek is 'n Afrikaanse seun en vir die afgelope jaar en n half wandel ek in die Kaapse strate rond omring deur vreemde en nuwe gedaantes soos "hipsters" en jou tipiese rooi nekke. (geen disrespek eks mal oor julle :) ) Alhoewel na 'n intense dink sessie het ek agter gekom dat ek aanraking met my moedertaal heeltemal verloor het en myself op 'n manier gedistansieer het van alle Afrikaanse kulturele situasies en interaksies. Daarom sit ek met hierdie gaaping in my persepsie van wie ek is en hoe Afrikaans in my lewe inpas.

So om reguit op dit neer te kom, ek gaan myself uitleef as 'n Afrikaner hier in die middestad deur soos verskillende sub - kulture in die Afrikaner gemeenskap aan te trek en in my moeder tong 24 uur 'n dag te kommunikeer. Alhoewel dit nie soos 'n moewiese intervensie vir sekere mense sal bleik nie is dit belangrik om in ag te neem die area waarin ek funksioneer en die mense met wie ek in kontak kom. Daar is 'n baie stereotiepiese idee onder engelse mense in die stad oor hoe ONS is en hoe om teenoor ons op te tree.

Daar is sekere vrae wat ek wil probeer vir myself uitvind. Soos waar staan die kultuur na apartheid, waar pas ons in, wat is buitestaanders se persepsie oor ons en hoekom? Is van ons so deurmekaar oor wat dit beteken om Afrikaans te wees dat ons die eerste geleentheid na skool vat om nie darmee geassosieer te word nie?

en my grootste persoonlike vraag.. Hoekom is ek te skaam om voor Engelse mense te erken dat ek Afrikaans is.

Ek dink dit gaan interessant [ ja ek kan nog onthou hoe om interessant te spel (een Rok en twee Skoene) ] wees om mense se reaksies op te let en te sien hoe mense my anders hanteer.

So as jy verveeld is laat in die aande en 'n bietjie wil lag,kom maak maar 'n draaikie opdi blog en deel julle idees. Ek sal elke dag fotos plaas om te wys hoe ek aangetrek het en stories deel oor die ongemaklike situasies waarin ek geplaas was.

Vrede :)

5 comments:

  1. Puik taal gebruik jong man. Sterkte.

    ReplyDelete
  2. I can definitely relate to this as I was scared of saying that I am half Indian as I thought people would view me differently. People who do that still live in the past, they are small minded and will limit them selfs and others. Best thing to do is to be an example of why they are wrong. Its not going to happen over night, but you might plant a seed in someones brain to get their thoughts running. People are really bad at self reflection, they hate looking in the mirror, therefor it will take them a while. Also because its a fear you need to conquer it( Fear is an illusion). Goodluck

    ReplyDelete
    Replies
    1. Really appreciate your insights. Hope you enjoy the blog :)

      Delete
  3. Sjoe, dit gaan nogals 'n challenge wees.....skuus!!!....ek bedoel 'n uitdaging! Ek sien uit om te kom lees!

    ReplyDelete
  4. Sjoe dit moet erg wees, maar ook 'n lekker uitdaging! Ons is trots op jou, gaan voluit hiervoor. Lekker om te lees.

    ReplyDelete