Drag vir die Dag:
- Leer hoed
- Springbok Trui
- Dik Khaki Jas
- Blou Jeans
- Stewels
Ek dink ek begin nou baie meer afwyk van die normale dominante persoonlikheid van 'n traditionele Afrikaner. Gesprek voer met eenigiemand in die stad is fisies net onmoontlik. Dus voel dit vir my asof ek baie meer terug getrokke is in sosiale situasies aangesien my opinie nie eers in ag geneem kan word nie weens die taal grens. Vandag in die een hyser het n Britse man vir my uitgevra oor my drag. Hy het dit baie aanvallig geintrepreteer toe ek hom in Afrikaans terug antwoord en gedink ek vat hom vir die gek.
Die grootste aspek wat vandag vir uitgestaan het was die praktiese uitwerking van drag as dit kom by gemak en die praktiese faktor. Ek ry op 'n bromponie klas toe elke dag, in reen of sonskyn. Vir die eerste keer in seker een 'n half jaar het ek nie eers 'n koue rilling of yskoue steek ervaar nie. Alhoewel volgens modes die klere nie op datum was nie was dit vir my ongelooflik hoe prakties dit is en hoe dit werklik 'n doel verrig het, om my warm te hou. Ek is iemand wat baie daarna strewe om goed te voel oor hoe ek lyk. Sekere dae sal ek n jas aantrek wat vreeslik "in" is maar as ek by die klas aankom hardloop ek soos n maer vark tot binne voor ek verkluim.
Die stewels was ook ongelooflik prakties. Om by die huis te kom en jou skoene op die vensterbank te sit om droog te raak was glad nie eers 'n behoefte nie. Snaaks genoeg het ek my voet teen die sypaaidjie gestamp oppad huis toe en eks trots om te se dat geen blou tone nog waargeneem is nie.
Ek het met Albert n gesprek daroor gehad en dis maklik om te se Afrikaners/Boere het nie styl nie maar die praktiese aspek word nie altyd in ag geneem nie. Ek meen ek kan defnitief die situasie uit 'n ander oogpunt beskou na vandag. Ek was nie self op 'n plaas groot gemaak nie en het nog nooit op een gewerk nie. Maar as ek moes sou ek enige tyd soos vandag aantrek eeders as met n paar Adidas sneakers en 'n swart skinny jean.
Net vi jokes Albert het die hoed opgehaad en mens kan duidelik in die prent sien dat die hoed wel stylvol kan wees indien dit by die kleur van jou hare pas. (Ja ek het toestemming om dit op te sit.)
Oor die algemeen was dit weereens 'n interessante dag, more SOKKIE ek by die klas. Ja 'n video sal opgelaai word en dan sal ek bietjie navorsing by las oor die kultuur van sokkie.
vrede :)
No comments:
Post a Comment