Soos julle kan sien dit is nie die tiepiese plek om ‘n ou in
‘n Springbok trui met stewels en ‘n John Deer pet te sien nie.
Asof dit nie genoeg was dat ek my kop moes laag hou nie kon
ek nie eers as ‘n stereotiepiese Afrikaner drink nie. Daar was niks Castle of
Black Label nie en toe ek ‘n dubbel Brandewyn en Coke wou bestel, raai gou
hoeveel wil die rooinek my vra… R57…. Ek het MOS geld vir dit.
Alhoewel die noointjies was darem al te pragtig. Nie dat ek
veel kon reg kry nie want ons gesprekke het gestop by…. Wel … “My naam is
Daniell”. Almal het of gese ”Can you talk English?” of net dadelik my
geignoreer… Ek gaan nou nie spog en se ek was nog altyd toegepak onder die
meisies nie ma' hell... Gewoonlik kom ek
darem verby die eerste 2 sinne in die gesprek.
Die musiek was jou tiepiese alternatiewe dans musiek.
Gelukkig het ek fantastiese pelle daar gehaad wat ook met hulle 10dae
intervensies besig was. Toe ek my weer kon kry sokkie ek met amper al my Engelse
vriendinne op die mees onvanpasde musiek. Ok sokkie is miskien nie die regte
woord nie.. meer rond geloop/geval, maar dit was op die ou einde ‘n baie lekker
aandJ.
Tayla ek hoop jyt jou 21st geniet,
VredeJ
No comments:
Post a Comment