Thursday, 22 May 2014

Dag 4

Sokkie.. ook bekend as Langarm, Sakkie-sakkie, kotteljons, windpomp of
my gunsteling.... Windsurfing!

(indien die video as net 'n wit blok verkyn, kliek daarop en dit sal begin laai)
Daniell Barnard en Carli Wolmarans
(die abs op die einde is Kyle Combrinck sin - just saying)

Vandag was dit tyd om bietjie bene te rek, Ja inderdaad ek het gesokkie soos ek belowe het. Ek het een van die min meisies by my universiteit gekry wat Afrikaans is en kan sokkie. Sy was natuurlik gekies uit honderde wat audisie het, so as jy nie die "cut" gemaak het nie moet asseblief nie hartseer wees nie. Wees bly jy was nie die een wat na al my flou pick up lines moes luister nie.

Aangesien dit eintlik 'n akademiese blog is en ek bepunt word hiervoor moet ek ook bietjie navorsing by heg. Voel vry om net die video te kyk en te lag of andersins as jy niks beters het om op 'n Donderdag aand te doen nie hierso is 'n paar goed wat jy dalk nie van sokkie geweet het nie.

Sokkie is deel van ons kultuur. Dit is die mees gewildste form van dans onder Afrikaners en dus is dit vanselfsprekend dat ek as deel van my intervensie dit moes in werk. 'n Form van sokkie het onstaan al jare terug in die vorm van volkspele wat die traditionele dans vir die Voortrekkers en Afrikanse Boere Volk was. Daar is 'n wel 'n verskil tussen langarm en sokkie. Langarm is die meer traditionele form van sokkie wat in vroer jare baie gewild was. Sokkie kan gesien word as 'n meer moderne weergawe daarvan wat baie meer draaie, "drops","twists" en soms "lifts" ook het. (www,dancestation.co.za)

Maar hoekom sal mens die dans sokkie noem? Die term sokkie se oorsprong is gekoppel met meisies wat altyd hulle skoene uitgeskop het en op hul sokkies of kaalvoet gedans het. Alhoewel ek nie voorstel dat jy dit in 'n kuier plek doen nie.. onthou, die "5-second rule" tel nie in Terrace nie. Maar as jy by 'n partytjie by 'n huis is voel vry omdie skoene afteskop en die vloer warm te dans.

Nou die musiek... of ok wag ek gaan nie oor die musiek praat nie. Ek sal dit nie waag nie.

oor die algemeen.. 'n goeie dag, het eksamen geskryf, bietjie gesokkie en ek het dam nie te snaaks gelyk nie so het nie teveel probleme veroorsaak nie.

More gaan ek saam met 'n paar pele na 'n Brandewyn fees toe.... ja jy het reg gehoor 'n brandewyn fees. Stereotiepies die gepaste drankie vir 'n Afrikaner... vat so droe keel!

Tot more
vrede :)




2 comments:

  1. Dit is jammer jy doen dit net vir 10 dae!! Ek is een van daai "freaks" wat nou soggens oppad werk toe jou post gaan opsoek om te lees(behalwe nou vir more oggend.... en dit maak my hartseer) Sterkte! Ek geniet jou uitdaging verskriklik en sou dit graag saam jou wou doen maar dan sou die kinders in my klas en kollegas my nie verstaan nie! Sien uit na Saterdag oggend se lees

    ReplyDelete
    Replies
    1. Haha baie bly jy geniet dit! Ma ek oorweeg om aan te gan met die blogging storie. Moet nog net iets wat ook so interessant is uitdink! Sal defnitief notify.

      Delete