Monday, 19 May 2014
Dag 1
Sooo.. Die eerste dag was nogals moeilik in baie opsigte maar dit het defnitief my geforseer om oor sekere aspekte en situasies met 'n baie anderste perspektief te kyk.
Net voor di res van die blog te boring raak net 'n teaser dat binne die opkomende paar dae daar n video geskiet gaan word van my wat in my universiteit bietjie sokkie ( nie vir sensitiewe kykers nie ) en natuurlik net met Baries se onbeheerbare geluk is ek genooi na 'n 21ste kuier in seepunt by 'n baie alternatiewe engelse kuier plek so ja fotos en ondervindings sal gepubliseer word. ( as eenigiemand weet stuur asseblief pick up lines in Afrikaans wat engelse chicks sal verstaan ;) )
Drag vir die Dag..
- John Deer pet
- Pa se ou Voortreker hemp
- Swart T-Hemp
- Jeans
- Stewels
Nou net om 'n bietjie agtergrond oor die Voortrekkers te gee. Die Voortrekkers is 'n kultuur beweging wat al vir meer as 80 Jaar aan die gang is. "Die Voortrekkers is ‘n kultuurbeweging wat die moderne Afrikaner, in besonder sy jeug, bemagtig om as positiewe Burgers en konsekwente Christene suksesvol te wees. Elke lid gaan sy volle potensiaal bereik deur geleenthede te gebruik om effektiewe persoonlike leierskap te ontwikkel. " (www.houkoers.co.za , 2014)
Nadat ek my bromponie geparkeer het was dit tyd vir die langste stap sessie klas toe van my lewe.. sover. Ek het letterlik 3 keer oor dieselfde pad gestap om die gesigsuitdrukkings van al die toeskouers te vermy. Toe my vriende my sien was lag duidelik die eerste gedagte wat hulle koppe binnevaar maar gelukkig kon ek saam lag toe die aandag draai en ek vir die eerstekeer registreer hoe hulle ook lyk en die personas wat hul ingeneem het. Ek het ook op 'n punt gevoel dat daar geen nut was vir my om by klas te wees nie, Byvoorbeeld in ons een klas het ons 'n gesprek gehaad en toe ek trugvoering wou gee het die lektor nie verstaan wat ek se nie en net aangegaan. Ander vriende hetmy vermy en ons kon nie ons normale verbale interaksies meevoer nie wat my in n baie ongemaklike posisie geplaas het. Dit het gevoel asof mense doof was teenoor my terwylek as hierdie Afrikaner voor hulle staan.
- Die kykke in die stad was heel moontlik die snaakste/ongemaklikste
Dit is interresant om ook in ag te neem dat as ek so gelyk het in 'n ander area soos bv. Stellenboch my reaksies dramaties sou verander.
'n Groot skok vir my vandag was om vir die eerste keer te besef dat een van my pelle in 3de jaar nog altyd Afrikaans was en ons nou al vir een en 'n half jaar in Engels kommunikeer sonder daardie wete. Ek dink daar is 'n voorgestelde idee in ons onderbewussyn dat almal in die area om jou veronderstel is om Engels te wees, dus op eerste ontmoeting, alhoewel Afrikaans ons huistaal is, ons eerders in 'n ander taal begin kommunikeer het.
Maar is dit ook moontlik dat ons slegs te skaam is om ons self voortestel en nie te katagoriseer as Afrikaans nie. Of is daar dalk moontlik 'n konneksie met skuld gevoelens wat vanaf die verlede generasies op ons oorgeplaas is. Kan die blote stigting van my kultuur sekere mense se perspeksies oor my dadelik verander of voorgestelde idees plant. Ek kan anneem dat in die tyd toe my Pa daardie voortrekker hemp gedra het dit glad nie so vreemd was nie en eeders 'n vorm van trots. Maar hoe verdwyn daardie trots oor 'n generasie.
Mense wat gebore is in die appartheids tydperk was baie minder gekondisioneer in skole oor die hele situasie as my generasie. Ons is ons hele lewe al deel van die Rainbow Nation en was konstant gevorseer om te leer en te verstaan wat in appartheid gebeer het en alhoewel ons nie self daar was nie dra ons daardie skuld gevoel van keuses wat gemaak was toe ek nog nie eers 'n gedagte was nie. Ek was vandag bewus van daardie skuld gevoel. Ek hetgevoel dat hierdie vorm van Afrikaner my direk koppel aan wat gebeur het in appartheid. En ek wat myself in daardie negatiewe lig sien het verorsaak dat ek myself so uit hulle oe sien. Ek lewe in hierdie lewens-siklus waar almal gelyk is, maar die ouer mense van ander rasse wat my waargeneem het, is nie deel van dieselfde een nie. Ek het konstant in my onderbewussyn gevoel dat deur hoe ek lyk verteenwoordig ek daardie tydperk en gebeure.
Ek dink omdat engels 'n universele taal is het ek dit altyd gesien as 'n manier om my te differentieer van die traditionele Afrikaner persona. Dat dit my nie as "oldminded" of dominant of rasisties representeer nie maar wys dat ek 'n moderne uitsig oor die lewe het.
Neem net in ag dat alle aanmerkings personlike opinies is en nie nootwendig met die werklike sal ooreenstem nie.
Maar daardie is genoeg insette uit die diepte van my denk-proses, more probeer ek 'n meer modern aspek aan my persona voeg en gaan uit as 'n afrikaner in die stad. so kom koekeloer maar weer as jy wil volg.. jou keuse ;)
vrede :)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Ek dink jy het nogals heel koel gelyk man!!! Hiehiehie! Baie interessant hoe mens se uiterlike 'n indruk maak op mense! Sterkte....ons lees weer more oor dag twee!
ReplyDelete