Wednesday, 28 May 2014

Net 'n klein opsommings video


Dag 10


Vandag was my “laaste” dag as ‘n Afrikaner in die stad. Daar was baie hoogtepunte sowel as laagtepunte. 

Drag vir die dag

  • ·      Leer sonkep
  • ·      Rugby trui
  • ·      Khaki vest
  • ·      Blou jeans
  • ·      Stewels

Die intervensie het my gemotiveer om navorsing te doen en aspekte van my kultuur te ondersoek wat ek voorheen nooit wou nie. Dit het my vorseer om “n indiepte ondersoek in te stel oor fustrasies wat nog altyd in my binneste was.

Voor hierdie intervensie was ek op ‘n manier weg gebreek vanaf die Afrikaanse kultuur en het dit in ‘n negatiewe lig gesien. Ek was skaam om as ‘n Afrikaner geklassifiseer te word in die stad oor die vrees van wat mense oor my gaan dink. Ja mense hier het die verkeerde uitsig oor ons, alles draai nie net om brandewyn, braai en rugby nie. Ek het sodoende geleer en gesoek vir die positiewe aspekte van ons kultuur.

Dit is duidelik om te sien dat skuld nogsteeds deel van ons bagasie is, selfs al was jy nie deel van apartheid nie. My skaamte het hierdie laaste paar dae in trots verander. Ek het in my drag en met my taal in trots deur die strate gestap want om ‘n Afrikaner te wees het nie in my oe geen van daardie slegte goed meer voorgestel nie.

Ek weet ek het aan die bo kant gese dit was my laaste dag maar om eerlik te wees ek dink nie so nie. Ek gaan defnitief vir my ‘n paar stewels aankoop en bietjie meer van my kultuur in my daaglikse lewe inwerk. Of dit nou taal of drag is.  

Hier volg net ‘n paar fotos van my ondervindinge :)

Dankie aan almal wat daagliks gevolg het en vir al die positiewe terug voering en e-posse. Julle het dit net soveel makliker gemaak, hou maar julle oe oop vir ‘n moontlike tweede blog en onthou…

KYK NOORD EN FAK VOORT! :)


Vrede :)!















Dag 9

Vandag was ‘n baie besige dag aangesien ek moet leer vir eksamens en take klaar maak. So my dag het letterlik bestaan uit net werk en vir die eerste keer het ek nie rerig iets om oor te blog vir die dag nie. More is die laaste dag, ek sal dan uitbrei oor my hele intervensie oor die algemeen en my ondervindings beskryf sowel as wat ek geleer het. Hoop julle verstaan :)

Moet ongelukkig weer my kop in die boeke gaan plak!


Vrede  :)

Monday, 26 May 2014

Dag 8

Fokofpolisiekar:

Vandag het ek weg beweeg vanaf jou traditionele Afrikaner persona en oorgeskakel na 'n meer moderne generasie wat ek gaan klassifiseer as die fokofpolisiekar generasie.






Drag vir die dag:

  • kuif oor een oog
  • Fokofpolisiekar T-Hemp
  • Grys kappie top
  • Rooi Belt
  • Swart "Skinny" jeans
  • Grys fellies.

Die deskripsie van jou tipiese Afrikaner volgens hulle dokumentere fliek "Forgive them for they know not what they do" beskryf die volgende. Die eerste ding wat mens moet verstaan is waar ons as n sub-kultuur vandaan kom. Jou tipiese Afrikaner het eienskappe soos hy is eng, konserwatief, hys protistant m.a.w. hy is n Christen. Hy het sekere vooropgestelde idees oor hoe om sy kinders groot te maak en besigheid te doen. Hy is trots op sy familie en sy familie naam. So jy sit met 'n klomp mense wat nie regtig weet wie hulle is nie. Apartheid het 'n baie groot rol gespeel in wie hulle as 3de generasie is. Dit het 'n baie groot impak op hulle gehaad. Hulle was geplaas onder sanksies, al hul media was gesensor. Vir hulle was Suid Afrika al wat saak gemaak het in die wereld. 


Die lede van die orkes was in die 80's gebore. In hul kinder jare was hulle bewus van die struikel en wat aan die gang was in ons land, maar hoe baie kan 'n 14 jarige tiener rerig oor die politiese sfeer verstaan. Daar was baie kwaad en frustrasie onder die lede en onsekerheid oor wat vorentoe gaan gebeer. Om jouself in daardie situasie te plaas indien jy nie deel van dai generasie was nie verbeel jou die volgende. In jou kinder jare word jy deur die kerk, regering en jou oueres vertel dat swart mense minderwaardig is en daar sekere maniere is om op te tree tenoor hulle en dan in 1994 terwyl jy in jou tienere jare is verander alles en eweskielik word al hier die goed wat deur jou omgewing op jou ingedoktroneer was gesien as leuns. dit veroorsaak baie verwarring en onnodige skuld gevoelens oor sekere aspekte van ons verlede.

Die orkes was gevorm as 'n grap om die konserwatiewe Afrikaner gemeenskap te skok, maar die lede van fokofpolisiekar het nooit gedink dat hulle ooit volgens ontleders as die stem van 'n generasie sou wees nie. Die band as baanbrekers in alternatiewe musiek en die jong mense het gewag vir iemand om weg te breek van die tiepiese sokkie-sokkie treffers. FPK het vrae in hulle liedere gevra wat die luisteraar laat trug sit het om sekere aspekte van hulle lewe te herdink. Afrikaanse jong mense op daardie stadium het net gewag vir iemand om op te staan in daardie opsig en te besef dat hulle kan vir hulself dink, dat hulle nie die enigste mense was wat onnodig skuldig gevoel het of vasgebind op 'n manier nie.

In een van hulle liedere sing hulle "ons almal werk saam aan Afrikaans Amerika". Baie Afrikaners wou wegbreek van die traditionele siening van Afrikaans wees. Die alternatief vir daardie Afrikaners was om of uit die land te beweeg of om oor te skakel as 'n engelse persoon. FPK het 'n alternatief gegee en Afrikaans onder jong mense in 'n sin "cool" gemaak. 

Hulle hetdie media gedruk weens hul naam todat hul uiteindelik ingegee het en hulle volle naam gepubliseer het. Hulle musiek was ook die eerste Afrikaanse liedjies wat ooit op 5fm uitgesaai was.

Hulle musiek handel oor die selfde probleme wat ek aanspreek in my blog. Oor ons kultuur en waar ons inpas na appartheid. in hulle nuwe lied Paranoia word daar gesing:

"Ek is sonder kultuur gebore.
Ek bly toevallig in Afrika.
Ek praat toevallig Afrikaans.
Daar’s baie min mense wat my verstaan.
Ek sluip deur die strate,
Sonder rigting,
Sonder koördinate.
Sondebok,
Verslaaf aan massamedia,
Slagoffer van prestasie-angs en…
Paranoia, paranoia!
Ons bid ons bly beskut,
Terwyl die duiwel aan ons vensterrame ruk.
’n Lewe met paranoia, paranoia!
Afrika die vampier,
Beeldskone ondier."


http://lyricstranslate.com/en/fokofpolisiekar-paranoia-lyrics.html#ixzz32r3x8mje )

FPK kan gesien word as n baie kras orkes maar hulle musiek praat met hulle luisteraars op vlakke wat soms nie in woorde beskryf kan word nie. Ahoewel my hemp vandag kras was en sekere mense my wel skeef uitgekyk het, het ek hom met trots gedra. Want op my hemp was meer as net n titel, dit was die simbool van 'n generasie.

Ek stel vir eenigiemand voor om die dokumenter te kyk. Die voorprent is hoer op gepost ('n moet kyk.)

vrede :)

Sunday, 25 May 2014

Dag 7

Take en Braai

Vandag moes ek aan 'n groep taak werk by my vriendin se huis saam met 3 ander vriende. Ok so snaakse senario om eerlik te wees. Ons was almal besig met ons 10 dae intervensies terwyl ons aan ons Rekeningkunde taak gewerk het. Ons het bestaan uit die boer, "stripper", verpleegster en Batwoman.


Asof dit nie genoeg was dat die taak ongelooflk ingewikkeld was nie, kon ek net Afrikaans praat wat weereens vir my in 'n ongemaklike situasie geplaas het. Hoe verduidelik mens ingewikkelde konsepte en terme in Afrikaans aan mense wat dit glad nie verstaan nie??? Ek sal wel die volgende se, dit was 'n eenaardige en opwindende dag en deur dit alles is ons taak gelukkig netjies en klaar. Toe word ons honger.. 
Toe die besluit uiteindelik deur Batwoman gemaak was dat ons gaan braai was dit van self spreekend dat die Afrikaner moes braai. En al moet ek dit self se, die vleis het heerlik geproe.
As jy 'n Suid - Afrikaner is en nie weet wat 'n braai is nie dan is jy heel moontlik nie rerig van hier af nie. Alhoewel 'n braai gesien word as 'n egte Afrikaanse ritueel is dit oor die loop van tyd aangeneem deur verskye etniese groepe in Suid-Afrika.  Volgens Wikipedia word die Term braai geasosieer met die engelse term "Barbeque".  'n braai is die prosesd om eenige vorm van vleis gaar te maak deur die gebruik van vuur. Dit sluit uit gas braaiers. Hout was nog altyd die verkiesde medium maar deesdae wir steenkool gereel gebruik weens die gerief wat daardeur gebied word. (www.wikipedia.com)
As mens die Afrikaner kultuur ontleed of in perspektief moet neem sou mens se dat braai eie aan ons kultuur is. Vra vir enige engels man wat is die kulturele aspekte van 'n Afrikaner en hul sal dadelik vir jou se, Brandewyn, Rugby en braai. Dit kan oor die algemeen beskou word as 'n baie opperflakkige en onakkurate opsomming van wie ons as sub-kultuur is. Het ons rerig ons wortels so vlak uitgetrek dat die eenigste goed wat ons kan identifiseer gebaseer word op drank, 'n sport soort wat deur talle ander kulture wereldwyd gespeel word en 'n vorm van kos maak, wat nie eers eie aan ons is nie? Iewers mis ons iets.


Om net uit te brei op die braai aspek, alhoewel dit eie aan Suid Afrika was, is dit nie eers gestig/ontdek as 'n middel van kos berei deur Afrikaners nie. Naby aan die fossielryke sterkfontein is bewyse van die eerste braai's in die geskiedenis van die mens. Daar was bewyse gevind van gekontroleerde vure en gebraaide vleis oorskiet wat oor 'n miljoen jaat terug dateer. Hierdie braai was gehou deur die spesie genoemd Homo erectus en deur die bene te ondersoek was daar gevind dat die hout van n witstinkhoutboom gebruik was. (http://www.beeld.com/nuus/2013-09-22-meer-as-net-n-dag-om-te-braai)

Basies kan daar gese word dat braai wel 'n ritueel is wat gereeld deur Afrikaners uitgevoer word, maar dit is nie eie aan ons kultuur nie en onderskei ons nie van ander kulturele groepe nie. Brandewyn kan verwyder word aangesien dit baie negatiewe baggasie in die vorm van reputasie dra, sowel as rugby ook. Ja die Springbokke speel goed en ons is mal oor ons rugby, maar rugby kyk, braai en brandewyn drink is nie veronderstel om hoogtepunte van ons tradisie te wees nie. Afrikaans is 'n ryk kultuur, ons het verskeie fantastiese digters en vorige leiers wat 'n groot rol gespeel het in die ontwikkeling en bou van hierdie land waarin ons bly. Die Appartheids jare het wel 'n knou aan ons reputasie veroorsaak en daardie skuld en skaam dra die nuwe generasies nogsteeds saam met hulle. Dit is belangrik dat ons vashou aan die positiewe aspekte van ons kultuur, die goed wat ons en hierdie land gemaak het wat dit vandag is. Die beeldskoonheid van ons taal, soveel klanke wat net vloei vanaf ons tonge en die eindelose persoonifikasies en idiome wat niks aan ander beteken as dit vertaal word nie. Die ongelooflike familie bande wat vasgebind bly deur die moeilikste tye en dai broeder bloed wat binne ons almal pomp. Dit form deel van daardie klein stukkies goud wat ons anders maak as kulture wat saam met ons wandel op hierdie aarde en dit, is daardie juweelkies waaran ons as 'n kultuur en taal moet vasklou.




vrede :)


Saturday, 24 May 2014

Dag 6

De La Rey

Vandag reen dit en die Kaap en aangesien hier nie regtig enigiets is om te doen of om oor te blog nie het ek my eie onderwerp opgesoek. Ek en Albert besluit toe sommer om die volgende liedjie op te neem vir enigiemand wat dit nie kan onthou nie,  moontlik net omdat ons verveeld was...


Moenie huil nie, moeie kwyl nie, ek weet dit was mooi. Meeste van ons onthou die groot media debakel wat veroorsaak is deur vrystelling van hierdie liedjie. Volgens ontleeders en joernaliste was die liedjie 'n oproeping teenoor Afrikaners om hulself te mobiliseer en hulself te distansieer van swart mense en veral van die regering. 'n Minsiter het dit tot so ver gevat dat hy mense gewarsku het dat daar 'n revolusie aangeroep word deur Afrikaners en dat almal op die uitkyk daarvoor moet wees.

Verkope vir die De La Rey Album het oor die 180 000-merk geskiet binne die eerste 6 maande. Maar 'n aanroep vir 'n revolusie was glad nie die geval nie. Waneer daar na die album in geheel geluister word is daar geen aantuigings teen die nuwe Suid Afrika nie, inteendeel word daar gesing van Nelson Mandella en die Reenboog Nasie in 'n positiewe konteks in een van die liedere.

Die Lied handel oor dia Anglo-Boere oorlog. In 'n opstel wat Antjie Krog geskryf het aan die Universiteit van die Wes-Kaap en Stellenbosch het sy die volgende interessante stelling oor die lied gemaak:

"How can the apartheid past, with its Afrikaans coinage of injustice, ever be reconciled with the present? The song’s popularity says to me that, in general, Afrikaners want to become part of building a free country, but feel sidelined because of their past. They are trying to build a meaningful relationship with the rest of the country, but battle to deal with unexpressed guilt." (http://mg.co.za/article/2007-04-01-de-la-rey-afrikaner-absolution)

Volgende week gaan ek 'n ondersoek instel om te kyk na die "Fokofpolisiekar-generasie".

Dag 5

Halfpad deur my intervensie! Om die mylpaal te vier was ek en 'n paar van my engelse pelle by die Brandewyn fees gisteraand, dus is my post so bietjie laat.
Voordat ek begin praat oor die fees gaan ek eers deel wat deur die dag met my gebeur het. 


Drag vir die dag
  • Leer hoed 
  • wit hemp
  • Khaki Vessie
  • Blou jeans
  • Stewels
Na 5 dae is ek baie meer gemaklik in my drag en dit is veilig om te se dat ek al gewoond geraak het aan al die skewe kyke en snaakse gesigsuitdrukkings. Of so het ek gedink. Ek was in Food Lovers in die ry om te betaal en twee engelse manne het agter my gestaan. Ek kon alles van hulle gesprek hoor en toe hulle eers vir my van kop tot tone bekyk draai hy na sy pel. Ek hoor toe uitdruklik hoe hy vir hom se, "You only get weird people like this in Cape Town, Bru." Nou dat ek terug dink ek het dit baie aanvallend opgeneem en die van julle wat my ken weet ek is die tiepe persoon wat sulke goed net sal ignioreer. Ongelukkig was dit nie die geval nie en ek het die persona wat ek voel ek aan gehad het ingeneem en omgedraai en direk vir hule gevra, "Ekskuus? Het jy 'n probleem met hoe ek lyk?" Ek weet nie of hulle geskrik het of net nie Afrikaans verstaan het nie ( ek verskies geskrik:) )maar daar was 'n baie ongemaklike atmosfeer wat dadelik kop uit gesteek het. Ek het toe maar so vinnig as moontlik myself ontrek en klas toe gestap.


Gelukkig het die res van die dag goed af geloop. Ja, ons het gaan brandewyn proe.. Brandewyn is mos veronderstel om die verkiesde drankie van eenige Afrikaner te wees. Jack Parrow ingesluit.

Brandewyn is basies 'n gedistilleerde wyn wat gewoonlik tussen 40-60% etielalkohol per volume bevat.
Dit het wel gesondheidsvoordele. Haha, ja jy het reg gehoor, Brandewyn help vir verligting van verkoue en griep. Boonop help dit ook met die oopmaak van jou asemhalings stelsel en sinusse. Ander voodelige gevolge sluit bevordering van die spysvertering stelsel in, en dit dien ook as 'n bloedverdunner, wat cholesterol verlaag. In die verlede het mense al geweet van hierdie gesondheidsvoordele en dit die "water van die lewe" gedoop.
By die fees het ek die geleentheid gehaad om verskeie brandewyne wat ek nooit in my lewe sal kan bekostig nie te proe en ek's dood seker dat ek nie 'n probleem met eenige sinusse of verkoues vir die volgende maand sal he nie, haha.

Dag 6 sal later venaand opkom, ek en my vriend gaan 'n baie bekende Afrikaanse liedjie speel en dit afneem alles net vir julle plesier. Julle het dus premisie om later venaand ons uit te lag 

Vrede :)